Victoria van Swede

Victoria
Kroonprinses van Swede
Hertogin van Västergötland
Kroonprinses Victoria in 2018.
Kroonprinses Victoria in 2018.
Huis Bernadotte
Eggenoot Daniel Westling
Kinders Estelle
Oscar
Vader Koning Carl XVI Gustaf
Moeder Silvia Sommerlath
Geboortenaam Victoria Ingrid Alice Désirée
Gebore 14 Julie 1977 (1977-07-14), Solna

Victoria, kroonprinses van Swede, Hertogin van Västergötland (Victoria Ingrid Alice Désirée; gebore op 14 Julie 1977) is as die oudste kind van koning Carl XVI Gustaf die regmatige troonopvolger van Swede. As sy die troon bestyg, soos verwag word, sal sy Swede se vierde regerende koningin en die eerste sedert 1720 wees. Haar troonopvolging is verseker kragtens die wysiging van 1979 aan Swede se troonopvolgingswet. Dit is die eerste land in Europa wat koninklike absolute eersgeboortereg aangeneem het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search